Plafon van die Sixtynse kapel

Plafon van die Sixtynse kapel
Die binnekant van die Sixtynse kapel wat die plafon in verhouding met die ander fresko's wys. Michelangelo se Die skepping van Adam is naby die bokant van die foto.
Die binnekant van die Sixtynse kapel wat die plafon in verhouding met die ander fresko's wys. Michelangelo se Die skepping van Adam is naby die bokant van die foto.
Skilder Michelangelo
Ligging Sixtynse kapel, Vatikaanse Museums, Rome
Koördinate 41°54′11″N 12°27′16″O / 41.90306°N 12.45444°O / 41.90306; 12.45444
Tydperk 1508–1512
Opdraggewer Pous Julius II
Voorafgegaan deur Slag van Cascina
Opgevolg deur Die laaste oordeel

Die plafon van die Sixtynse kapel (Italiaans: soffitto della Cappella Sistina), wat tussen 1508 en 1512 deur Michelangelo beskilder is,[1] is 'n hoeksteen van Hoogrenaissancistiese kuns. Die plafon is dié van die Sixtynse kapel, die groot pouslike kapel wat tussen 1477 en 1480 in die Vatikaan gebou is deur pous Sixtus IV, na wie die kapel genoem is. Dit is geskilder in opdrag van pous Julius II. Die kapel is die ligging van die pouslike konklaaf, waar die pous gekies word, en baie ander belangrike dienste.[2]

Die plafon se verskeie geskilderde elemente vorm deel van 'n groter versieringskema in die kapel, wat insluit die groot fresko Die laaste oordeel teen die muur van die heiligdom, ook deur Michelangelo; muurskilderings deur verskeie voorste skilders van die laat 15de eeu, insluitende Sandro Botticelli, Domenico Ghirlandaio en Pietro Perugino; en Raphael se stel groot tapisserieë. Die geheel is verteenwoordigend van 'n groot deel van die geloofsleer van die Katolieke Kerk.[3][4]

Teen die plafon staan die nege tonele uit die boek Genesis sentraal, insluitende die beroemde Skepping van Adam. Die ingewikkelde ontwerp sluit verskeie stelle individuele figure in, beide geklee en nakend, wat Michelangelo in staat gestel het om sy talent te demonstreer om 'n groot verskeidenheid houdings vir die menslike figuur te skep. Dit het 'n ontsettend invloedryke patroon daargestel vir die modelle van ander kunstenaars daarna.

  1. Marinazzo, Adriano (2013). "Ipotesi su un disegno michelangiolesco del foglio XIII, 175v, dell'Archivio Buonarroti". Commentari d'arte. 52–53: 108–110.
  2. Shearman, John (1986) The Chapel of Sixtus IV in The Sistine Chapel, red. Massimo Giacometti.
  3. Shearman, John (1986b) The Fresco Decoration of Sixtus IV in The Sistine Chapel, red. Massimo Giacometti.
  4. O'Malley, John (1986). The Theology behind Michelangelo's Ceiling in The Sistine Chapel, red. Massimo Giacometti.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy